Marketing Agency

, , , , ,

LETTERTJIE G EN DIE AVONTUUR IN DIE DROë VALLEI

R45.00

Ontdek Skrifdorp waar letters leef!

In hierdie kinder reeks neem elke boek jou kind op ’n avontuur deur die pragtige dorpie Skrifdorp, waar letters werk, speel en hul eie stories leef. Van A se Appel Avontuur tot Z se Prismastruis, het elke letter ’n unieke persoonlikheid, ’n eie stokperdjie en ’n lewensles om te deel.

In elke verhaal ontmoet kinders ’n nuwe lettervriend, leer hulle nuwe woorde, ontdek kleurryke avonture en sien hoe woorde en sinne deel is van elke dag in hierdie lewendige taal-dorpie.

Perfek vir kinders van 3–8 jaar vol pret, warmte, en die vreugde van leer!

 

Alfabet Avonture: Lettertjie G

Ontmoet Lettertjie G, ‘n geduldige, grasieuse sewende letter van die alfabet! In hierdie prettige en leersame boek neem Lettertjie G jou op ‘n spesiale avontuur vol moed, nuwe woorde en groot pret.

Kinders sal saam met Lettertjie G leer hoe belangrik sy is. Met helder illustrasies, en ‘n interresante storie wat jong lesers betrek, maak hierdie boek die wêreld van letters opwindend en maklik om te verstaan.

Sluit aan by Lettertjie G op haar reis, waar sy leer hoe sy een van die boustene van die alfabet is en hoe elke letter spesiaal en belangrik is, en as hulle saam staan mekaar kan help om al hulle drome te bewaarheid. ‘n Ideale boek vir voorskoolse kinders wat pas hul alfabet begin leer.

Leer was nog nooit só lekker nie!

Kom ontdek die wonder van die alfabet, een letter op ‘n slag!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “LETTERTJIE G EN DIE AVONTUUR IN DIE DROë VALLEI”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top