Alfabet Avonture: Lettertjie W
Ontmoet Lettertjie W, die wakker en wonderlike drie
en twintigste letter van die alfabet! In hierdie prettige en leersame boek neem Lettertjie W jou op ‘n spesiale avontuur vol moed, nuwe woorde en groot pret.
Kinders sal saam met Lettertjie W leer hoe belangrik sy is in baie woorde en avonture. Met helder illustrasies, en ‘n interresante storie wat jong lesers betrek, maak hierdie boek die wêreld van letters opwindend en maklik om te verstaan.
Sluit aan by Lettertjie W op haar reis, waar sy leer hoe sy die bousteen van die alfabet is en hoe elke letter spesiaal en belangrik is, en as hulle saam staan mekaar kan help om al hulle drome te bewaarheid. ‘n Ideale boek vir voorskoolse kinders wat pas hul alfabet begin leer.
Leer was nog nooit só lekker nie!
Kom ontdek die wonder van die alfabet, een letter op ‘n slag!





Reviews
There are no reviews yet.