Alfabet Avonture: Lettertjie X
Ontmoet Lettertjie X, die energieke ekstrovert en uitvinder, vier en twintigste letter van die alfabet! In hierdie prettige en leersame boek neem Lettertjie X jou op ‘n spesiale avontuur vol moed, nuwe woorde en groot pret.
Kinders sal saam met Lettertjie X leer hoe belangrik hy is in baie woorde en avonture. Met helder illustrasies, en ‘n interresante storie wat jong lesers betrek, maak hierdie boek die wêreld van letters opwindend en maklik om te verstaan.
Sluit aan by Lettertjie X op sy reis, waar hy leer hoe hy die bousteen van die alfabet is en hoe elke letter spesiaal en belangrik is, en as hulle saam staan mekaar kan help om al hulle drome te bewaarheid. ‘n Ideale boek vir voorskoolse kinders wat pas hul alfabet begin leer.
Leer was nog nooit só lekker nie!
Kom ontdek die wonder van die alfabet, een letter op ‘n slag!





Reviews
There are no reviews yet.